Thomas Hugo le Roux

Geslacht: Man
Vader:  
Moeder:  
Geboren: 18 MRT 1883 Worcester, Kaapkolonie
Overleden: 27 Nov 1970 Pretoria
Aantekeningen: Op 27 November 1970 is prof. dr. T.H. le Roux in Pretoria oorlede, 87 jaar oud. Van 1910 tot 1948 was hy hoogleraar, eers aan die Transvaalse Universiteitskollege en later aan die Universiteit van Pretoria, wat in 1930 daaruit ontwikkel het.
Hy is op 18 Maart 1883 in die distrik Worcester gebore, in die destydse Kaapkolonie. In Stellenbosch het hy die graad b.a. behaal en van 1904 tot 1910 aan die Ryksuniversiteit te Leiden gestudeer, waar hij gepromoveer het tot doctor in de Nederlandse Letteren met 'n proefskrif Beschrijvende Klankleer van het Afrikaans.
Van Maart 1910 af het hy die professoraat beklee in Dutch and Modern Languages, wat Duits en Frans ingesluit het. In 1920 word dit die departement Nederlands en Afrikaans, en in 1928 word Germaanse Filologie by die benaming van die departement gevoeg. Van 1936 af was dit die departement Afrikaanse, Nederlandse en Germaanse Taalkunde.
Aan die einde van die eerste Semester 1948 het prof. le Roux afgetree, na 'n dienstyd van agtendertig jaar. Gedurende sy lang verbintenis met die Universiteit het hy groot status verwerf en 'n betekenisvolle bydrae op sy vakgebied gelewer.
Aan 'n groot aantal studente het hy 'n grondige wetenskaplike vorming gegee. Sedert 1913 het hy 'n noue verbintenis gehad met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, waarvan hy jare lank raadslid was, en ook voorsitter. Baie jare het hy ook gedien in die Akademie se belangrike taalkommissie, waar hy 'n belangrike aandeel gehad het in die reëling van die spelling van Afrikaans.
Met die Bybelvertaling in Afrikaans het hy opgetree as taaladviseur. Hy was lank voorsitter van die Kommissie vir Taaladvies van die Suid-Afrikaanse Uitsaaikorporasie en van die redaksie van die Herzog-Annale.
Sy belangrikste boeke waarvan sommige ook buite Suid-Afrika goed bekend is, is: Afrikaanse fonetiek (1928), Middelnederlandse grammatika (1938), Afrikaanse taalstudies (1939), Uitspraakwoordeboek van Afrikaans (1945) en Dagboek van Louis Trigardt (1964).
Hy was lid van die Maatschappij der Nederlandse Letterkunde, Leiden en van die Koninklijke Zuidnederlandse Maatschappij voor Taal- en Letterkunde en Geschiedenis.
In 1938 is hy deur die Alexander von Humboldt-Stiftung in staat gestel om Europa weereens te besoek en 'n jaar in Berlyn deur te bring, met studieverlof. In 1959 is die graad D. Litt. et Phil.(h.c.) deur die Universiteit van Suid-Afrika aan hom toegeken; in 1961 is hy vereer met die erelidmaatskap van die s.a. Akademie, en in 1963 het hy van die Universiteit van Pretoria 'n ere-doktoraat ontvang.
Tot op die end was hy besonder aktief. Die laaste jare het hy nog Portugees aangeleer en ook weer besondere aandag gegee aan Oud-Yslands. Enkele artikels was gereed en ander in voorbereiding vir publikasie.
Hy het 'n hoë leeftyd bereik, maar was nooit werklik oud nie.
24 Junie 1971
S.A. Louw
Voornaamste geschriften
Beschrijvende klankleer van het Afrikaans. Leiden 1910 (diss. Leiden).
Heeft het Afrikaans een grammatika? in Die Brandwag, 1 Sept. 1912.
Gevaar van vreemde invloed vir Afrikaans? in Die Brandwag, 1 Jun. 1913.
Is Afrikaans een dialek? in Die Brandwag, 1 Okt. 1913.
Josef in Dotan. Pretoria, J.H. de Bussy, 1922* (met J.J. Groeneweg).
Jefta. Pretoria, J.H. de Bussy, 1922* (met J.J. Groeneweg).
Adam in ballingschap. Pretoria, J.H. de Bussy, 1923* (met J.J. Groeneweg).
Gijsbrecht van Amstel. Pretoria, J.H. de Bussy, 1925* (met J.J. Groeneweg en M.S.B. Kritzinger).
Lucifer. Pretoria, J.H. de Bussy, 1926* (met J.J. Groeneweg).
Gebroeders. Pretoria, J.H. de Bussy, 1926* (met J.J. Groeneweg en M.S.B. Kritzinger).
Afrikaanse fonetiek. Kaapstad en Johannesburg, Juta & Ko. Bpk., 1928 (met P. de V. Pienaar).
Die uitspraak van die artikel 'n in Ons Tydskrif, Aug. 1933.
Weer die uitspraak van die artikel 'n in Ons Tydskrif, Okt. 1933.
Punktuasie in Ons Tydskrif, Apr. 1934.
Doktrinêre grammatika in Ons Tydskrif, Jun. 1934.
Enige foutiewe en minder gewenste taalwendinge en -vorme in Ons Tydskrif, Nov.-Dec. 1934.
De Leeuwendalers. Pretoria, J.H. de Bussy, 1934.*
Middelnederlandse grammatika. Pretoria, J.L. van Schaik Bpk., 1935 (met J.J. Le Roux; derde druk 1951).
Die hoofklem by die woord Standaard in Ons Tydskrif, Aug. 1936.
Taaloudhede in Ons Tydskrif, Des. 1936.
Afkorting van woorde in Afrikaans in Ons Tydskrif, Mrt.1937.
Taalafwyking het dikwels psigologiese faktor in Die Transvaler, 2 Okt. 1937.
Uit die poësie van die Nederlandse Goue Eeu. Met inleiding en aantekeninge deur G. Dekker, met medewerking van T.H. le Roux. Pretoria, J.H. de Bussy; Kaapstad, h.a.u.m., 1937.
Afrikaanse taalstudies. Pretoria, J.L. van Schaik Bpk., 1937 (met J.J. Groeneweg en M.S.B. Kritzinger; tweede vermeerderde druk 1940; derde vermeerderde druk 1943; negende druk 1962).
Het Pascha. Pretoria, J.H. de Bussy, 1937.*
Die verdwyning van Frans in Suid-Afrika in Die Transvaler, 15 Sept. 1939.
Esmoreit. Pretoria, J.L. van Schaik, 1941. Van Stamverwante Bodem (tweede druk 1962).
Werkwoorde op -we naas -f in Afrikaans in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns (Nuwe Reeks), 20 Jun. 1941.
Hulle en hul in Die Brandwag, 7 Apr. 1944.
Spraakmakende gemeente in Die Brandwag, 12 Mei 1944.
D. en T. in Afrikaans in Die Brandwag, 23 Jun. 1944.
Klank en skrif in Die Brandwag, 4 Aug. 1944.
Letteruitspraak in Die Brandwag, 1 Sept. 1944.
Standaard-uitspraak in Die Brandwag, 1 Des. 1944.
Skrywer en sy taal in Afrikaanse Skrywer 9, 1944, p.50-53.
Eenheid en verskeidenheid in Die Brandwag, 5 Jan. 1945.
Vier geleerdes en vier vriende in Die Huisgenoot, 14 Des. 1945.
Uitspraakwoordeboek van Afrikaans. Pretoria, J.L. van Schaik, 1945 (met P. de V. Pienaar).
Uitspraak van Afrikaans in Die Huisgenoot, 25 Okt. 1946.
Anglisismes: wat ons houding daarteenover behoort te wees in Die Huisgenoot, 31 Jan. en 7 Feb. 1947.
Taalvraagstukke: steurende herhalinge en oortollige woorde in Die Huisgenoot, 18 Apr. 1947.
Weglating van eerste gedeelte 'n van in Die Huisgenoot, 25 Jul. 1947.
Teenwoordige deelwoord in Afrikaans: slotuitgang by werkwoordelike vorm gewoonlik verboë in Die Huisgenoot, 1 Aug. 1947.
Korrekte uitspraak van Afrikaans in Skoolblad, Feb. 1948.
In Memoriam: Professor Johannes J. Smith (1883-1949) in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Okt. 1949.
Buig of bars, altyd op die end: werkwoord op die verkeerde plek in Die Huisgenoot, 10 Febr. 1950.
Bespreking: Twee Afrikaanse tale in Die Huisgenoot, 20 Okt. 1950.
Bespreking: P.J.v.Z. van Hattingh, Uitspraak van Afrikaans in Die Huisgenoot, 25 Aug. 1950.
Sonde of sonne met die uitspraak? in Die Huisgenoot, 20 oktober 1950.
Die geskiedenis van die Afrikaanse spelling in Kultuurgeskiedenis van die Afrikaner iii (1950).
Die beskaafde uitspraak van Afrikaans en die beskaafde Afrikaanse skryftaal in Huldeboek Antoon van der Plaetse, Tielt 1951, p.139-149.
Voltooide deelwoorde sonder ge- by werkwoorde op -eer in Die Brandwag, 9, 16 en 23 Mei 1952.
Die voltooide deelwoord sonder ge- by werkwoorde op -eer. Pretoria, J.L. van Schaik, 1952.
Toeligting by die artikel van Boekenoogen in Hertzog-Annale, Jul. 1953.
Interessante brief van 64 jaar gelede in Hertzog-Annale, Des. 1954.
*
Vondeldrama met vereenvoudigde Nederlandse spelling, voorsien van 'n inleiding en aantekeninge in Afrikaans.
[p. 151]
Sy wens vervul: Engelenburg-huis, setel van de Akademie in Taal, Jun. 1954.
Vvftig jaar Afrikaans in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns (Nuwe Reeks), Okt. 1955.
Taalpraatjies in Yskor Nuus. Maandeliks, Jan.-Des. 1956.
Gedagtes oor ons taal. 1956 (in pamfletvorm).
Taaloudhede in Tydskrif vir Volkskunde en Volkstaal, Febr. 1957.
Die waarde van 'n Atlas van die Afrikaanse taal in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Okt. 1959.
Die wonder van die Afrikaans in Hertzog-Annale, Des. 1959.
Ons behoefte aan universitêr-opgeleide vertalers in Tydskrif vir Wetenskap en Kuns, Okt. 1960.
Die tweede druk van Preller se ‘Piet Retief’ in Standpunte 33, Febr. 1961.
Die onbepaalde voornaamwoord 'n mens naas mens in Afrikaans in Standpunte 34, Apr. 1961.
Die taal van Louis Trigardt se Dagboek is in wese Afrikaans in Standpunte 35, Jun. 1961.
Uit ons geestelike erfnis in Tydskrif vir die Suid-Afrikaanse Akademie, 1961.
Bouers aan ons taal in Hertzog-Annale, 1962.
Dagboek van Louis Trigardt, uitgegee met inleiding, aantekeninge en glossarium. Pretoria, J.L. van Schaik, 1964.
Die Afrikaans van Gustav Preller in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, Sept. 1966.
'n Kenmerkende ooreenkoms tussen Afrikaans en die Nederlandse Volkstaal, 'n afwijking van die Nederlandse Algemeen-Beskaaf in Tydskrif vir Geesteswetenskappe 1967.
Raakpunte tussen Afrikaans en die Nederlandse volkstaal in Tydskrif vir Geesteswetenskappe 1968.